NewsNews

Working on Fire-span ’n groot hulp by veldbrande

Working on Fire-span ’n groot hulp by veldbrande

Die Working on Fire-span het Maandag saam met die Ngwathe Brandweer- en Nooddiens, boere, We Care en AfriForum gehelp om die brand in die veld langs Allenbystraat onder beheer te bring.
Die Working on Fire-span is in Parys gestasioneer en verleen hulp by veldbrande in die Parys, Vredefort, Koppies en Sasolburg distrikte. Hoewel hulle nie opgelei is vir strukturele brande of die toerusting daarvoor het nie, is hulle van groot hulp by veldbrande en beskik oor ‘n volledig toegeruste voertuig spesifiek vir veldbrande.
Hulle bedien lede van die brandvereniging maar verleen ook hulp met veldbrande binne die Ngwathe munisipale gebied. Die Working on Fire-spanleier is Samsone Zizo.

 

Die Working on Fire-span wat in Parys gestasioneer is by hul voertuig wat volledig toegerus is vir die bestryding van veldbrande. Foto: Liezl Scheepers

 

Foto: ‘n Lid van Working on Fire met die afgebrande veld langs Allenbystraat in die agtergrond. Foto: Hilke Scheepers.

 

 

 

Related Articles

Back to top button