Foto: ‘n Lid van Working on Fire met die afgebrande veld langs Allenbystraat in die agtergrond. Foto: Hilke Scheepers.
Die Working on Fire-span het Maandag saam met die Ngwathe Brandweer- en Nooddiens, boere, We Care en AfriForum gehelp om die brand in die veld langs Allenbystraat onder beheer te bring.
Die Working on Fire-span is in Parys gestasioneer en verleen hulp by veldbrande in die Parys, Vredefort, Koppies en Sasolburg distrikte. Hoewel hulle nie opgelei is vir strukturele brande of die toerusting daarvoor het nie, is hulle van groot hulp by veldbrande en beskik oor ‘n volledig toegeruste voertuig spesifiek vir veldbrande.
Hulle bedien lede van die brandvereniging maar verleen ook hulp met veldbrande binne die Ngwathe munisipale gebied. Die Working on Fire-spanleier is Samsone Zizo.
Die Working on Fire-span wat in Parys gestasioneer is by hul voertuig wat volledig toegerus is vir die bestryding van veldbrande. Foto: Liezl Scheepers
Foto: ‘n Lid van Working on Fire met die afgebrande veld langs Allenbystraat in die agtergrond. Foto: Hilke Scheepers.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.