NewsNews

In nood is hulle daar, maar hulle het jou nodig

In nood is hulle daar, maar hulle het jou nodig

Terwyl ‘n gesin van Parys Vrydagaand binne twee ure hul huis en al hul besittings verloor het in ‘n verwoestende brand, het vrywilligers van We Care, die polisie en Parys Sekuriteit, alles probeer om die vlammehel te stuit.

Parys het al vir jare nie meer ‘n brandweervoertuig nie en skiet die munisipaliteit se brandweer- en nooddiens ver tekort om doeltreffend te kan help in geval van ‘n huis- of veldbrand. Boonop moet dié diens ook al vyf die Ngwathe dorpe bedien. Winter is tradisioneel die tyd wanneer die brandgevaar op sy hoogste is. Die afgelope jaar moes daar minstens by vier huisbrande in die dorp hulp verleen word. En dit is hier waar vrywilligers en boere help met vuurvegters.

Om behoorlike brandbestrydingstoerusting en beskermende kleredrag te koop, kos egter geld. So ook die brandstof wat uitgery word om hulp te verleen. Baie min is betrokke by die vrywilliger buurtwag organisasies. Baie min dra by tot die ongelooflike diens wat deur hierdie organisasies verrig word wat nou saamwerk met die polisie en nooddienste.

Selfs ‘n geringe bydrae vir beskermende handskoene, behoorlike flitse en nagligte, brandbestande kleredrag of ‘n brandstofbydrae, kan reeds ‘n enorme verskil maak. We Care se droom is om ‘n eie brandweer of bakkie te kan hê wat permanent toegerus is met nood- en brandtoerusting. Vind uit hoe jy betrokke kan raak, of watter bydrae jy kan lewer. Onthou dat jy dalk volgende keer die een kan wees wat staatmaak op die hulp van vrywilligers wat geen vergoeding ontvang vir die werk wat hulle doen nie.

As jy ‘n bydrae wil maak tot We Care, kan jy die volgende bankbesonderhede gebruik: Radio Light Patrols NPC, Standard Bank Parys, takkode 051001, Besigheids spaarrekening, rekeningnommer 043941710. Jy kan ook vir Wynand Nel by 082 629 1553 skakel om te hoor hoe jy by We Care betrokke kan raak.    

       

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button