NewsNews

Spring die lang toue vry en gaan ent nou

Daar is vanoggend vir die eerste keer ook ‘n publieke inentingstasie by die Parys Distrik Hospitaal. As jy 50 jaar en ouer is kan jy tot 16:00 vandag, Dinsdag 13 Julie, hier jou Covid-19 vaksine ontvang. Neem net jou ID saam.                   As jy vooraf kan registreer …

Daar is vanoggend vir die eerste keer ook ‘n publieke inentingstasie by die Parys Distrik Hospitaal.

As jy 50 jaar en ouer is kan jy tot 16:00 vandag, Dinsdag 13 Julie, hier jou Covid-19 vaksine ontvang.

Neem net jou ID saam.    

 

 

   

 

   

As jy vooraf kan registreer spaar dit jou baie tyd, maar as jy sukkel met registrasie, of nie kon registreer nie, is jy ook welkom. Daar is nie lang rye nie en jy sal gou gehelp word.

Maak gebruik van hierdie geleentheid. Parysenaars sowel as mense van Vredefort is welkom, hoewel daar ook ‘n geleentheid in Vredefort self is om te kan vaksineer.

Daar is ook môre by die NG Moedergemeente in Parys geleentheid om jou vaksine te ontvang, maar onthou dat die toustaan waarskynlik môre langer sal wees. Vandag is die ideale geleentheid as jy sou wou gaan. Inenting is gratis en vrywillig.  

 

 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button