
Met gevalle van plundery, oproer en brandstigting wat tans wyd voorkom, is daar ook Sondagaand bande gebrand in die Tumahole-woonbuurt, en gepoog om die Vredefort-pad en R59 net buite Parys te blokkeer.
Vanoggend was die situasie kalm en hou die polisie ‘n wakende oog Van die besigheidseienaars in die Vaaldriehoek het hul besighede se deure as voorsorgmaatreël gesluit, en is dit tog maar raadsaam om as jy nie nodig het om iewers heen te ry nie, eerder van die paaie af te bly vir nou.
Hou asseblief ook in gedagte dat mense nou talle boodskappe en video’s op sosiale media versprei. Hierdie boodskappe saai paniek en is nie noodwendig altyd geverifieerde inligting nie. Maak seker jy kyk eerder na betroubare nuusbronne vir inligting.




