News

Helpende Hand stig tak vir Parys

Helpende Hand stig tak vir Parys

’n Vrywilliger-tak vir Solidariteit Helpende Hand is in April vir Parys gestig. Helpende Hand is ‘n selfstandige organisasie binne die groter Solidariteit-groep. Solidariteit Helpende Hand se strewe is om sterk, selfstandige gemeenskappe te bou.

Dit beteken dat die organisasie nie net ‘n sinvolle voortbestaan wil verseker nie, maar hul ook beywer vir vooruitgang, geborgenheid en ‘n florerende gemeenskapslewe.

Om dit te kan bereik word staatgemaak op vrywilliger hande in ‘n gemeenskap. Helpende Hand bied verskeie nasionale projekte aan wat gemik is op kleuters, skoliere, gesinne, bejaardes en gestremdes. Dit word aangevul met projekte deur die Vrywilliger-tak.    

 

Helpende

Helpende Hand se streeksorganiseerder, Fanie Buys, het die damens tydens die stigtingsgeleentheid toegespreek. 

 

Taklede dien as Helpende Hand se hande en voete in die gemeenskap. Behoeftes in die gemeenskap word só geïdentifiseer en dan deur die tak aangespreek waar moontlik.

Daar word nie op die korttermynnood gefokus nie, maar gepoog om ‘n verskil te maak in mense se lewens deur geleenthede te skep om mense se eie sterkpunte en geleenthede aan te wend om hulle te bemagtig. Die Parys-tak is reeds in April gestig. Tydens die stigtingsgeleentheid het Helpende Hand se streeksorganiseerder, Fanie Buys, die dames kom toespreek oor die werking van ‘n Helpende Hand-tak. Aan die stuur van die Parys-tak is Matty Last (voorsitter) met Marietjie Oehley as ondervoorsitter en Lida du Plessis as tesourier.    

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button