News

Covid-uitdagings en tyd pootjie weer hofverrigtinge

Meer as vyf en ‘n half jaar later,  en steeds hang die swaard van onsekerheid oor hul vonnis oor die koppe van die vyf mans wat al in 2019 skuldig bevind is aan aanranding. Hofverrigtinge vir die indien van voorvonnis getuienis vir Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en …

Meer as vyf en ‘n half jaar later,  en steeds hang die swaard van onsekerheid oor hul vonnis oor die koppe van die vyf mans wat al in 2019 skuldig bevind is aan aanranding. Hofverrigtinge vir die indien van voorvonnis getuienis vir Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Jansen van Vuuren,  is vandag, Donderdag 8 Julie, in die Hoë Hof in Parys, uitgestel na 13 Augustus en 9 September.

Dit is nou die vyfde keer, dat die saak noodgedwonge uitgestel moes word nadat die verrigtinge in Desember 2020, en weer in Januarie, April en Mei vanjaar ook uitgestel is. Vandag se uitstel volg nadat die staat se verteenwoordigers aangedui het dat hulle meer tyd nodig het om die volledige uitspraak deur te werk wat intussen deur regter Corné van Zyl aan al die partye beskikbaar gestel is. Hofverrigtinge kon boonop ook nie voortgaan nie omdat gewag is op die uitslag van ‘n Covid-19 toets. Regter Van Zyl het  in 2019 al vyf die beskuldigdes skuldig bevind aan aanranding op Samuel Tjixa en Tumelo Simon Jubeba, terwyl Loedie van der Westhuizen (jr.) ook skuldig bevind is aan ‘n klag van regsverydeling.

Met regter Van Zyl se uitspraak in 2019 is egter net ‘n verkorte weergawe van die uitspraak in die hof gehoor weens die Covid-19 beperkings wat ook in howe gegeld het, en vanweë die lywigheid van die uitspraak wat sowat 350 bladsye lank is. Die staat het in sy saak aangevoer dat die beskuldigdes vir  Tjixa en Jubeba na bewering sodanig sou aangerand het op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik dat hul kort daarna aan hul beserings beswyk het in die Parys en Pelenomi-hospitale onderskeidelik. Tjixa en Jubeba is deur ‘n groep mans aangekeer nadat verskeie boere op die noodroep gereageer het na ‘n plaasaanval op Loedie van der Westhuizen (sr.) op die plaas Biesiesbult.

Dit was uiteindelik die getuienis van ‘n afgetrede patoloog, prof. Jan Botha, wat vir die verdediging getuig het, wat die staat se getuienis op sy kop gedraai het. Regter Van Zyl het in haar verkorte uitspraak verlede jaar gesê prof. Botha se getuienis was onbetwisbaar en was dit wat hy getuig het in skerp kontras met wat deur die 204 getuies in die hof gesê is. Hy het sy getuienis suiwer gebaseer op die nadoodse verslae, foto’s en ander getuienis wat toe reeds voor die hof gehou was.

Dit was uit sy getuienis duidelik dat die oorledenes kon sterf weens onvoldoende mediese hulp en die ernstige beserings wat hul moontlik kon opdoen in hul reeds beseerde toestand toe hulle oor ruwe terrein van die plaas Swartklip met ‘n polisievangwa vervoer is om die ambulans langs die pad te ontmoet wat hulle verder sou vervoer.  

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button