SportSport

Ses Parysenaars gaan die pyltjies gooi by SA-kragmeting

Ses Parysenaars gaan die pyltjies gooi by SA-kragmeting

Parys spog met nie minder nie as ses van sy veerpyltjiespelers wat gekies is om die Fezile Dabi-streekspan by die SA Nasionale Veerpyltjie kampioenskappe te verteenwoordig.

Die spelers is Ockert Grobler, Dries van Straaten, Rynhard Malan, Glen van den Berg, Cornea Viljoen en Charmain Coetzee. Die kampioenskappe sal in Oktober in Bloemfontein gehou word.

Boonop is Cornea ook gekies om die Vrystaat Provinsiale Vrouespan, en Ockert die Vrystaat Provinsiale Meestersspan by die SA-kampioenskappe te verteenwoordig.

Die veerpyltjiespelers oefen elke Woensdagaand om 18:00 by hul nuwe klubhuis by Off Road Sport Bar op die Fochville-pad (waar die wit vliegtuig staan). Alle belangstellende veerpyltjiespelers, van jonk tot oud, is welkom om te kom saam speel. Vir veerpyltjie navrae skakel Ockert by 072 344 7867.        

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button