NewsNews

Tussen brandstof, krag en jou munisipale rekening gaan jou beursie plat wees

Gordel moet nog stywer trek

Jy sal die laaste gaatjie in jou belt moet maak. Vir reeds sukkelende verbruikers is daar geen genade nie. Met Ngwathe se munisipale tariewe wat vanaf 1 Julie verhoog is, en enorme kragtariefverhogings wat alreeds voorspel is, gaan jy boonop van hierdie Woensdag 7 Julie, ook hoes by die petrolpomp.

Jy sal van Woensdag af 29c per liter meer betaal vir 93-oktaan petrol, terwyl 95-oktaan petrol jou 25c per liter meer sal kos. 

Vir diesel gaan jy 42c per liter meet betaal (0,05% swael) en 41 c per liter (0,005% swael). Gas gaan jou 63c per kilogram meer kos en paraffien 48c per liter.

Van 1 Julie het Ngwathe se munisipale tariewe met 4,1% gestyg, terwyl watertariewe met 5% verhoog is.

Elektrisiteitstariewe  kan hoofsaaklik as gevolg van enorme Eskom-verhogings, met tot 20% styg is vroeër gewaarsku, afhangend van wat Nersa goedkeur.  

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button