NewsNews

Só lyk Parys se syfers nou

Só lyk Parys se syfers nou

‘n Totaal van 90 nuwe positiewe Covid-19 gevalle is vandag, Maandag 5 Julie vir die hele Fezile Dabi-distrik aangemeld.

Hiervan was 17 gevalle in Parys. Sasolburg het 44 nuwe gevalle aangemeld, Kroonstad 10 en Heilbron 6.

Deneysville en Franfort het elke 5 nuwe gevalle aangemeld.

Koppies, Edenville en Viljoenskroon het egter geen nuwe gevalle gehad nie, terwyl Vredefort 2 nuwe gevalle gerapporteer het.

Sondag 4 Julie se syfers het egter beduidend slegter gelyk as vandag  met Parys wat toe 30 nuwe gevalle aangemeld het. Sasolburg het Sondag 80 nuwe gevalle gehad, Kroonstad 22 nuwe gevalle, en Deneysville en Franfort 10 nuwe gevalle elk.

Dit beteken dat Parys en Sasolburg steeds die meeste nuwe gevalle in die distrik aanmeld.  

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button