NewsNews

Só werk dit nou met permitte vir reise na en van Gauteng

Só werk dit nou met permitte

Ingevolge die Rampbestuurswet is die Suid-Afrikaanse Polisiediens gemagtig om  permitte uit te reik vir
1. Die bywoon van ‘n begrafnisse (vorm 4) of
2. Wanneer daar na of van Gauteng verhuis word (vorm 6)
 
Hierdie permitte word weeksdae van 08:00 tot 16:00 uitgereik by die SAPD.
 
Watter dokumente sal jy nodig hê vir die uitreik van hierdie permitte?
Begrafnisse – Doodsertifikaat en Afskrif van reisiger se ID boek.
Let daarop dat elke persoon wat reis ‘n permit moet kry.
 
Trek na / van Gauteng – Bewys van adres en ID boek.  Elke persoon moet in besit wees van ‘n permit.
 
Let asseblief daarop dat die polisie nie werkspermitte uitreik nie.
Werkspermitte moet deur die werkgewer uitgereik word
Vorms hiervoor is op die internet beskikbaar en nie by die SAPD nie.
 
Reise vir vakansiedoeleindes
Om te reis deur die Gauteng-provinsie vir vakansie doeleindes sal jy ‘n  beedigde verklaring met ‘n afskrif van bewys van besprekings nodig hê.  Beedigde verklarings kan enige tyd by die SAPD afgelê word.
 
Reise vir Mediese redes
Om na en van Gauteng te reis vir mediese redes sal ‘n mediese brief van jou dokter voldoende wees .
 
Let asseblief daarop dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens geensins gemagtig is  om enige ander permitte uit te reik nie. 
 
 
 
 
 
 

Related Articles

Back to top button