
Parys het vir vandag, Saterdag 3 Julie nog 20 nuwe positiewe gevalle van Covid-19 aangemeld. Vrydag het die dorp 30 nuwe gevalle gehad, en Donderdag 22 nuwe gevalle. Sasolburg se syfer het met 86 gestyg vir vandag, Saterdag 3 Julie. Vrydag was daar 98 nuwe gevalle en Donderdag 107 nuwe gevalle. Kroonstad se syfer styg relatief stadig met net 12 nuwe gevalle Donderdag 1 Julie, 16 nuwe gevalle vir Vrydag 2 Julie, en nog 16 nuwe gevalle, vandag, Saterdag 3 Julie.
Parys en Sasolburg is steeds die dorpe in die Fezile Dabi-streek wat die hoogste styging in nuwe gevalle het. Al die ander dorpe se syfers styg relatief stadig, hoewel Deneysville en Heilbron ook besig is om meer gevalle aan te meld. Vir Donderdag 1 Julie was daar 6 nuwe gevalle in Deneysville, Vrydag 9 nuwe gevalle en vandag 12 nuwe gevalle. Heilbron het vandag 9 nuwe aangemeld.
So lyk die ander dorpe se syfers vandag, Saterdag 3 Julie





