News

Nie eens Groen skerpioene genoeg om munisipaliteit te kry om rioolprobleme op te los

Nie eens Groen skerpioene genoeg om munisipaliteit te kry om rioolprobleme op te los

AfriForum eis nou optrede deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit oor die knaende rioolprobleem in Vanderbijlpark AfriForum se Vanderbijlpark-tak het op 1 Julie ’n skrywe aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gerig waarin dié organisasie eis dat die munisipaliteit voor 16 Julie 2021 met ’n aksieplan vorendag kom om die voortslepende rioolprobleem op te los. ’n Groot stuk veld langs Alex Roadhouse is oortrek met riool, sê AfriForum in sy verklaring. “Die riool vloei oor Barrageweg na Flora Gardens in die vlei in.

Die rioolpyp wat deur dié stuk veld na die waterwerke loop is verstop, terwyl ’n stuk pyp wat die munisipaliteit vroeër verwyder het ook nooit vervang is nie.” AfriForum sê ondernemings in die omgewing het die sloot intussen vergroot om te verhoed dat die riool nie in hulle winkels en kantore inloop nie. Nou word daar ge-eis dat die munisipaliteit die verstopte en gebreekte rioolpype herstel of vervang, asook dat die gebied wat deur die riool besoedel is deur die munisipaliteit skoongemaak moet word.

“Besoedeling is ’n strafregtelike oortreding. AfriForum het in 2018 ’n saak by die Groen Skerpioene aanhangig gemaak en dit lyk asof nie eens dít genoeg is om die munisipaliteit sover te kry om iets aan die riool te doen nie. Daar moet drasties opgetree word,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.  

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button