
Dalk weet jy nie eens waar Fabriekstraat is nie. Maar dié straatjie aan jou regterkant, soos jy inkom in Parys van Sasolburg-kant, is deesdae pynlik netjies nadat Petrus Skosana die afgelope twee maande elke Maandag hier skoongemaak het. Petrus het een oggend kom werk soek, vertel Faan en Marietjie le Roux.
Hulle het hom gevra om die randsteen en stormwatersloot oorkant die huis te ontbos. Nadat hy klaar was het dit so mooi gelyk dat hulle hom gevra het om verder skoon te maak.
Ses weke later het hy Fabriekstraat en ‘n gedeelte van Oranjestraat wat na die rivier lei, aan beide kante skoongemaak. Die skoonmakery trek aandag en mense stop gereeld om hom te komplimenteer vir sy harde werk wat hy sonder toesig doen.
Sy
Donderdae werk hy ook saam met die span van Parys Ngwathe in Action onder leiding van Braam Cilliers, wanneer hulle week na week die dorp skoonmaak. Beslis ‘n mooi voorbeeld en ‘n tuinier om op trots te wees. ‘n Ware aanwins in enige tuin.




