Hoogste aantal nuwe gevalle die afgelope 3 dae
Vir vandag 1 Julie het Parys nog 22 nuwe positiewe Covid-19 gevalle gehad. Dit teenoor die 8 nuwe gevalle op 30 Junie, en die 6 nuwe gevalle op 29 Junie. Vandag se syfer is dus die hoogste die afgelope drie dae. Die prentjie word ook weerspieël in van die ander Fezile Dabi-dorpe. …
Vir vandag 1 Julie het Parys nog 22 nuwe positiewe Covid-19 gevalle gehad. Dit teenoor die 8 nuwe gevalle op 30 Junie, en die 6 nuwe gevalle op 29 Junie. Vandag se syfer is dus die hoogste die afgelope drie dae.
Die prentjie word ook weerspieël in van die ander Fezile Dabi-dorpe.
Sasolburg het vandag 107 nuwe positiewe gevalle gerapporteer, maar net 51 nuwe gevalle op 30 Junie, en 27 nuwe gevalle op 29 Junie.
Kroonstad se syfer bly relatief laag met 12 nuwe gevalle vir vandag, 11 op 30 Junie, en 14 op 29 Junie.
Sasolburg, Parys en Kroonstad is dan ook steeds die dorpe met die hoogste aantal nuwe gevalle in die Fezile Dabi-streek.
Koppies en Edenville het geen nuwe gevalle op 1 Julie, Vredefort 4 nuwe gevalle en Heilbron net 1.
Op 30 Junie het Heilbron 1 nuwe geval, Koppies 4 nuwe gevalle en Edenville geen nuwe gevalle gehad nie.
Die nuwe inentingskedule vir die streek sal na verwagting môre bekend wees.
Onthou dat mense 50 jaar en ouer van vandag 1 Julie kan begin registreer vir inenting.
So registreer jy