News

Gegrou…en so lyk dit nou

Gegrou...en so lyk dit nou

   

Vir weke aaneen is sakelui en motoriste op die h/v Dolf en Loopstraat ontwrig ná die kruising in Januarie gesluit is vir herstelwerk aan ‘n waterlek.

Daar is oopgegrou, ’n waterpyp en kragkabels beskadig, laat staan, weer gewerk en weer laat staan. En later is die sloot toegegooi.  

 

 

 

 

Nou, byna ses maande later, is dit hoe die kruising lyk met die sypaadjie heeltemal onbegaanbaar vir voetgangers, en dit reg voor Vengaland. As jy in gedagte hou dat een van die groot trekpleisters van die dorp juis die feit is dat jy hier nog sommer te voet kan dorp toe loop en jou sake gaan doen, is hierdie slordige herstelwerk deur die munisipaliteit alles behalwe aanvaarbaar. Bo en behalwe die veiligheidsrisiko wat dit vir voetgangers inhou, lyk dit slordig en groei daar nou selfs blomme in een van die gate wat net so gelos is. Dit is nie net hier waar dit so lyk nie. By die Impaksentrum in Waterstraat is die sementblokke op die sypaadjie ook net so gelos nadat daar lank terug vir weke probeer is om ‘n waterlek te herstel.    

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button