NewsNews

DBV loop weer deur

DBV loop weer deur

 

 

Die plaaslike DBV-tak het weer Maandag in die vroeë oggendure deurgeloop toe panele van die beton omheining omgestamp en gebreek is, en die lemmetjiesdraad bo-op die beton geknip is. Die lemmetjiesdraad is net die vorige week reggemaak. Hoewel niks gesteel is nie, kos dié skade die DBV geld wat daar nie is om voortdurend te vervang en reg te maak nie.

In April vanjaar is daar ook by die DBV ingebreek en was daar byna nie ‘n ding wat nie gebreek, beskadig of weggedra is nie. Die inbrekers het toe van die munisipale perseel aangrensend tot die DBV-perseel gekom, ‘n gat in die draad gesny, en oor die muur geklim.

Ruite is gebreek en diefwering gebuig. Selfs van die diere se medisyne, skoonmaakmiddels, blikkies hondekos en gereedskap is toe gesteel. Die inbrekers is nooit gevang nie. Die DBV kry geen befondsing nie. Hulle is totaal afhanklik van individue en sakelui vir skenkings om die diere in hul sorg te kan versorg, en finansiële verpligtinge vir bedryfsuitgawes na te kom.

Skenkings is altyd welkom om die organisasie te help, maar jy kan ook die SPCA Charity Shop oorkant PnP in Philipstraat ondersteun en só ’n bydrae lewer vir die DBV, of jou tyd en hande gee om te help waar jy kan. Die skade aan die omheining moet herstel word – dalk kan jy help, of op enige ander manier hulp aanbied om ‘n verskil te maak.  

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button