NewsNews

Studente belangrik, maar munisipale dienste moet gelewer word

Studente belangrik, maar munisipale dienste moet gelewer word

   

 

Hoewel onderrig en jeugontwikkeling as belangrik beskou word, is munisipaliteite se hooffunksie steeds dienslewering en ontwikkeling van sy plaaslike gemeenskappe in lyn met wat deur munisipale wetgewing en die konstitusie bepaal word. Dit sluit in water- en elektrisiteitsvoorsiening en vullisverwydering, sowel as afvalbestuur, sodat mense in ‘n gemeenskap toegang het tot basiese munisipale dienslewering.

Só het die Ngwathe Munisipaliteit teruggekap op bewerings in die publikasie, Free State Central News, waarin verlede week berig is dat die munisipaliteit meer as 100 studente ‘teleurgestel’ het met die betaling van registrasiegelde aan verskeie tersiêre instellings. Die munisipaliteit se hoof finansiële beampte gee in die verklaring wat aan rdl. Phillip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus beskikbaar gestel is, die versekering dat die aangeleentheid rondom die studente se registrasiegelde as dringende prioriteit deur die kantoor van die uitvoerende burgemeester hanteer word. Die verbintenis tot studente se registrasie en studente se welsyn word ook weerspieël deur die R1,486,370 wat die munisipaliteit in die huidige finansiële boekjaar (2020/21) spandeer het aan betaling van studente se studiegelde en registrasies, word in die verklaring gesê.

Die betaling van die uitstaande registrasiegelde aan die onderskeie instansies sal nou aan die einde van Julie 2021 betaal word, wanneer die munisipaliteit sy toelae van die voorsorgfonds en nasionale tesourie ontvang. Dié onderneming is reeds volgens die verklaring deur die burgemeesterskantoor en die munisipale bestuurder aan die onderskeie instansies gemaak. Dit word egter ook duidelik gestel dat vir die munisipaliteit om basiese dienste te kan lewer en addisionele verpligtinge teenoor die gemeenskap, insluitend die studente te kan nakom, en die munsipaliteit se finansiële verpligtinge te eerbiedig, inkomste gegenereer moet word uit betaling vir dienslewering.

As gevolg van wanbetaling van munisipale dienste, het die munispaliteit ’n kontantvloei probleem wat munisipale dienslewering en die nakom van die munisipaliteit se verpligtinge, beïnvloed, is gesê. ‘n Skuldinvoerderingsstrategie is daarom in November 2020 al deur die raad vir die munisipaliteit aanvaar om uitstaande diensleweringsgelde te in en só die munisipaliteit se kontantvloei situasie te verbeter. * Daar word jaarliks in die burgemeestersbegroting voorsiening gemaak vir jeugontwikkeling wat met finansiële hulp aan voorheen benadeelde studente aangespreek word. Daar is in die jongste begroting R544 000 begroot vir studentebeurse.  

 

Related Articles

Back to top button