
Veertien talentvolle Parysenaars het Suid-Afrika se naam hoog gehou gedurende die week van 14-18 Junie. Die studente van Limitless Talent Drama Studio het aan die World Monologue Games, ‘n internasionale monoloog-kompetisie, deelgeneem. Leerders van regoor die wêreld, sowat 3 000 leerders vanuit 85 lande, neem aan dié kompetisie deel.
Hulle word deur professionele persone in die drama-bedryf, soos akteurs, dramaturge en agente beoordeel. Die leerders sal binne die volgende paar maande hul uitslae ontvang. Hulle staan onder meer die kans om deel van $5 000 se pryse te wen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



