News

Ngwathe amnestie: Aansoeke sluit binnekort

Ngwathe amnestie: Aansoeke sluit binnekort

     

 

Die sperdatum vir indiening van aansoeke vir die Ngwathe munisipaliteit se amnestie-aanbod is 30 Junie. In terme van die amnestie-aanbod sal die munisipaliteit 50% van ‘n verbruiker se totale munisipale rekening op aansoek voorwaardelik afskryf. Daar is egter twee voorwaardes, naamlik dat die verbruiker die oorblywende 50% van die rekening in ‘n enkelbedrag betaal, en daarna vir die volgende 12 aaneenlopende maande elke maand sy hele verbruikersrekening ten volle betaal. Sou die betalings nie vir die volle 12 maande gehandhaaf word nie, sal die bedrag wat voorwaardelik afgeskryf is, weer na die rekening teruggetel word. Aansoekvorms is by alle munisipale kantore beskikbaar.    

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button