News

Ngwathe amnestie: Aansoeke sluit binnekort

Ngwathe amnestie: Aansoeke sluit binnekort

     

 

Die sperdatum vir indiening van aansoeke vir die Ngwathe munisipaliteit se amnestie-aanbod is 30 Junie. In terme van die amnestie-aanbod sal die munisipaliteit 50% van ‘n verbruiker se totale munisipale rekening op aansoek voorwaardelik afskryf. Daar is egter twee voorwaardes, naamlik dat die verbruiker die oorblywende 50% van die rekening in ‘n enkelbedrag betaal, en daarna vir die volgende 12 aaneenlopende maande elke maand sy hele verbruikersrekening ten volle betaal. Sou die betalings nie vir die volle 12 maande gehandhaaf word nie, sal die bedrag wat voorwaardelik afgeskryf is, weer na die rekening teruggetel word. Aansoekvorms is by alle munisipale kantore beskikbaar.    

 

Related Articles

Back to top button