NewsNews

Kunswedstryd beloon talent en harde werk

Kunswedstryd beloon talent en harde werk

Die Artistatue-kunswedstryd is Saterdag, 12 Junie in Parys gehou met leerders van Parys Primêre skool en Hoërskool Parys wat onder meer aan die redenaars- en drama-afdelings deelgeneem het.

Diaan Brink en Megan Daniels (beide leerders van Hoërskool Parys) en Dregan Brink, Bay-linn Oelofse, Xander Pretorius, Wian Pretorius, Henk Small en Vivienne van der Schyff (almal leerders van Parys Primêre Skool), het almal goud met hul toesprake behaal.

Mieke Small, Melanie Jooste, Henk Small en Vivienne van der Schyff, studente van die plaaslike drama studio, Limitless Talent Drama Studio, het in die drama-afdeling die volgende prestasies behaal: Henk Small – Engelse Poësie A++, Afrikaanse Poësie A++, Afrikaans Liriese Poësie A++ en Afrikaanse Monoloog A++. Mieke Small – Engelse Poësie A++, Afrikaanse Poësie A++ en Afrikaanse Monoloog A. Vivienne van der Schyff – Engelse Monoloog A+, Afrikaanse Monoloog A++, Gedramatiseerde Poësie A++, Engelse Gedramatiseerde Poësie A++, Afrikaanse Gedramatiseerde Prosa A++ en Engelse Gedramatiseerde Prosa A++. Melanie Jooste – Engelse Poësie A+ en Afrikaanse Monoloog A.

‘n A++ is gelykstaande aan 90-100%, ‘n A+ is gelykstaande aan 85-89% en ‘n A is gelykstaande aan 80-84%.

Die leerders sal binne die volgende paar weke hoor of hulle na die volgende rondte van die eisteddfod vorder.

   

 

 

     

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button