NewsNews

Kunswedstryd beloon talent en harde werk

Kunswedstryd beloon talent en harde werk

Die Artistatue-kunswedstryd is Saterdag, 12 Junie in Parys gehou met leerders van Parys Primêre skool en Hoërskool Parys wat onder meer aan die redenaars- en drama-afdelings deelgeneem het.

Diaan Brink en Megan Daniels (beide leerders van Hoërskool Parys) en Dregan Brink, Bay-linn Oelofse, Xander Pretorius, Wian Pretorius, Henk Small en Vivienne van der Schyff (almal leerders van Parys Primêre Skool), het almal goud met hul toesprake behaal.

Mieke Small, Melanie Jooste, Henk Small en Vivienne van der Schyff, studente van die plaaslike drama studio, Limitless Talent Drama Studio, het in die drama-afdeling die volgende prestasies behaal: Henk Small – Engelse Poësie A++, Afrikaanse Poësie A++, Afrikaans Liriese Poësie A++ en Afrikaanse Monoloog A++. Mieke Small – Engelse Poësie A++, Afrikaanse Poësie A++ en Afrikaanse Monoloog A. Vivienne van der Schyff – Engelse Monoloog A+, Afrikaanse Monoloog A++, Gedramatiseerde Poësie A++, Engelse Gedramatiseerde Poësie A++, Afrikaanse Gedramatiseerde Prosa A++ en Engelse Gedramatiseerde Prosa A++. Melanie Jooste – Engelse Poësie A+ en Afrikaanse Monoloog A.

‘n A++ is gelykstaande aan 90-100%, ‘n A+ is gelykstaande aan 85-89% en ‘n A is gelykstaande aan 80-84%.

Die leerders sal binne die volgende paar weke hoor of hulle na die volgende rondte van die eisteddfod vorder.

   

 

 

     

 

   

Related Articles

Back to top button