News

Oor taai liefde, respek en keuses

Oor taai liefde, respek en keuses

Hoe gemaklik of ongemaklik is jy met jou kind om keuses te maak?

Jy as ouer kan nie die verantwoordelikheid aanvaar vir die keuses wat jou kind maak nie. Nog minder sê jou kind se keuses iets van jou as ouer. Tog moet ouers en kinders mekaar se keuses respekteer. Dit is hier waar die beginsel van ‘taai liefde’ inkom, sê kliniese sielkundige Johannes Schickerling van SA Centre for Mental Health.

Eintlik is taai liefde ’n term wat ontstaan het by verslawing. Om jou deernis en liefde te wys, maar ook te weet waar om die streep te trek as dit kom by dissipline of gedrag. Ons wil so graag ons kinders ‘red’ sê Schickerling. Ons wil hulle tegemoet kom. So word die grense wat van kleins af daar moes wees, nooit gerespekteer nie.

As hulle tog net veilig is, kan alles oorgesien word. Ons laat té veel ons kinders toe om oor die grense te beweeg van wat aanvaarbaar is, omdat dit vir ons té wreed voel om hul verantwoordelikheid te laat aanvaar vir hul keuses. Schickerling waarsku dat ouers dikwels geneig is om té veel verantwoordelikheid te neem vir hul kinders. Jy wil steeds in beheer wees.

Tog moet jy as jou kind die keuse maak, reg of verkeerd, dit respekteer. Jy kan net help as jou hulp gevra word. Kinders sukkel om hulp te vra, sê Schickerling, omdat hulle gewoond geraak het aan ouers wat hulle red. As jy eers begin om hul verantwoordelikhede oor te neem, is jy deel van die probleem.

Kinders het nodig om uit hul foute te leer – dis taai – maar dit is liefde.    

 

Related Articles

Back to top button