
AfriForum se Parys-tak woeker in die dorp.
Daar is gedurende Mei in totaal twee ton teer gebruik om slaggate op te vul in Caroblaan, Boom-, Noorder-, Grens-, Van Coller- en Van der Hovenstraat. Die tak het ook in samewerking met Parys#Selfdoen sy skoonmaakprojek in die begraafplaas voortgesit. Hierdie projek behels die skoonmaak van grafstene, die snoei van bome, die sny van gras, asook die optel en verwydering van rommel.
“Dit is lekker om te sien dat daar inwoners in Parys is wat bereid is om self te doen en dat verskillende organisasies hande vat om die dorp te verbeter. AfriForum vra dat elke inwoner in Parys wat nie tevrede is met die toestand van die dorp nie, ook betrokke sal raak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.
Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ‘n daadwerklike verskil te maak: SMS “Parys” na 31481 (R1).



