NewsNews

Tweede terugslag in maande vir roostonnel-projek

So kniehalter misdaad werkskepping

Skaars 5 maande nadat 6 van die Parys Flower ProjectĀ  se sonpanele gesteel is, is daar nog skade na ‘n inbraak laas nag (Woensdag 9 Junie). Die inbrekers het oĆ«nskynlik presies geweet waarna hulle soek. Met laas nag se inbraak op die perseel van die Parys Flower Project in Allenbystraat,Ā  is vier bossiekappers, die battery van die koelkamer, en die twee batterye van die sekuriteitskameras gesteel. Die pafon in een van die vertrekke van die gebou op die perseel is ook beskadig. So ook die diefwering voor ‘n venster wat deur die inbrekers gebreek is. Dit wil nie voorkom asof daar geforseerde toegang tot die gebou was nie,. Daar is egter ‘n gat onderdeur die elektriese omheining aan die agterkant van die perseel gegrawe waar die inbrekers vermoedelik weer hul pad uit gevind het met die gesteelde goedere. Ā  Ā 

Dis hier waar die inbrekers vermoederlik weggekom het met hul buit nadat hulle ‘n gat onderdeur die elektriese omheining aan die agterkant van die perseel gegrawe het.

Ā  Ā 

Die beskadigde plafon in een van die vertrekke in die gebou op die perseel in Allenbystraat waarvandaan die Parys Flower Project bedryf word. Inbrekers het naas die plafon ook die diefwering in die vertrek beskadig en ‘n venster gebreek.Ā  Ā 

Die vermoede is dat hulle dalk gehinder is deur die alarm op die perseelĀ  langsaan wat twee maal laas nag afgegaan het. Sekuriteitspersoneel het gaan ondersoek instel maar kon niks verdags kry nie.Ā  Die alarm op die perseel van die roostonnels was geaktiveer, maar het nie afgegaan nie.

Volgens Florence Malebo, een van die begunstigdes van die Parys Flower Project, is hulle net ‘n week tevore deur die Vrystaatse LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling, mnr. William Kwekwe Bulwane, besoek. Hy was baie beĆÆndruk met die vordering van die projekĀ  wat desondanks vele terugslae sedert 2017, uiteindelik op die been is, en het die moontlikheid genoem vir befondsing van nog tonnels vir die projek.

Die tonnelprojek het einde 2020 ‘n hupstoot gekry toe ‘n derde tonnel vir groente opgesit is.Ā  Daar kon toe naas die pragtige Ludwig snyrose ook spinasie verkoop word. NĆ” die vorige terugslag met die diefstal van die sonpanele wat skade van R15 900 vir die begunstigdes gebring het danksy misdaad, is hul egter deur die kontrakteur Storc CC gehelp om die sonpanele te kon vervang sonder koste. Maar vir die begunstigdes is die diefstal nou ‘n groot bekommernis omdat hulle eenvoudig nie die kapitaal het om die gesteelde batterye en bossiekappers te vervang nie.

Die vraag is of misdaad ‘n projek soos hierdie ook op sy knieĆ« gaan dwing nadat daar hard gewerk is om uiteindelik ‘n sukses te kon maak. Florence hetĀ  die versekering gegee dat ten spyte van hul verlies, hulle steeds voortgaan. Mense wat wil rose of spinasie koop, of wat dalk bereid sou wees om hulle te help om die gesteelde items te vervang, kan haar skakel by 073 334 9156. Ā 

 

Ā  Ā  Ā 

Related Articles

Back to top button