Daar was nie ‘n Sondag dat hy nie op sy pos was nie.
Vroeg-vroeg het jy Wessel Erasmus daar gekry op sy plekkie voor die Oos-kerk. Trots op sy werk. Ons motorwag.
Sy oog blitsig op ‘n oop parkeerplekkie vir jou. Sy glimlag opreg.
Maak nie saak wat by die kerk aan die gang was nie – hy was daar. Vir tien jaar so deel van die gemeente.
Oom Wessel is vanoggend, Woensdag 9 Junie, oorlede.
Ai oom Wessel – Parys-Oos gemeente en die mense van Parys gaan jou so baie mis.
Jou plekkie gaan leeg wees Sondag.
Baie het jou geken. Al het jy geen familie meer gehad nie, was die dorp se mense jou mense.
Hoe soek ons nou weer ‘n parkeerplekkie voor die kerk sonder om na jou te soek in jou glimbaadjie en daardie woorde en glimlag as jy sĂȘ – “Ek sal vir jou kyk”