Fiela se kind se Shaleen Surtie-Richards sterf
Die ongelooflike talentvolle en befaamde aktrise, Shaleen Surtie-Richards, is vanoggend (Maandag 7 Junie) in die ouderdom van 66 jaar, oorlede. Dit was met die skryf van hierdie berig nog nie bekend wat die oorsaak van haar dood is nie. Sy was in die Kaap vir die verfilming van “Arendsvlei” en is dood in die gastehuis …
Die ongelooflike talentvolle en befaamde aktrise, Shaleen Surtie-Richards, is vanoggend (Maandag 7 Junie) in die ouderdom van 66 jaar, oorlede.
Dit was met die skryf van hierdie berig nog nie bekend wat die oorsaak van haar dood is nie. Sy was in die Kaap vir die verfilming van “Arendsvlei” en is dood in die gastehuis gekry waar sy tuis gegaan het.
As aktrise sal sy onthou word vir haar ongelooflike toneelspel in rolle soos dié van Fiela in die bekende film, “Fiela se kind”.

Ons innige medelye aan haar gesin en familie. Haar dood laat ‘n groot leemte in die Suid-Afrikaanse vermaaklikeidsbedryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



