News

Só styg Covid-19 syfers hier

Vir die afgelope 3 dae (3-6 Junie) het die aantal positiewe Covid-19 gevalle in Parys met 45  gevalle gestyg. Om die syfer in perspektief se sien gegewe die grootte van Parys teenoor dorpe soos Sasolburg en Kroonstad, het Sasolburg se syfer  in dieselfde tydperk met 87 gevalle gestyg, en Kroonstad met 70 gevalle.   Daarenteen …

Vir die afgelope 3 dae (3-6 Junie) het die aantal positiewe Covid-19 gevalle in Parys met 45  gevalle gestyg. Om die syfer in perspektief se sien gegewe die grootte van Parys teenoor dorpe soos Sasolburg en Kroonstad, het Sasolburg se syfer  in dieselfde tydperk met 87 gevalle gestyg, en Kroonstad met 70 gevalle.

 

Daarenteen het Viljoenskroon in die drie dae net drie nuwe gevalle gerapporteer, Edenville geen nuwe gevalle, Heilbron 11 nuwe gevalle en Koppies 18 nuwe gevalle. Vredefort se syfer het met 3 nuwe gevalle toegeneem.  

Dit kan nie genoeg beklemtoon word dat jy jou masker moet dra wanneer jy in die openbaar beweeg. Jy moet jou sosiale afstand hou. Was jou hande en saniteer gereeld. Versorg jou masker en maak seker jy was dit gereeld. Vermy plekke met ‘n samedromming van mense.

Dit is elkeen van ons se eie verantwoordelikheid om versigtig te wees waar jy ookal beweeg om die verspreiding van die virus sover moontlik te beperk. Wees asseblief bedagsaam teenoor ander en gehoorsaam regulasies.  

 

 

 

 

 

 

 

       

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button