Talle trotseer die koue vroeg-vroeg vir inenting

          Mense 60 jaar en ouer in Parys wat nie in sorgsentrums of tehuise vir bejaardes woonagtig is nie, en geregistreer het vir Covid-19 inenting, het vroeg-vroeg vanoggend die winterkoue trotseer om in die ry te gaan sit by die NG Moedergemeente vir hul inenting.         Inenting by …

       

 

Mense 60 jaar en ouer in Parys wat nie in sorgsentrums of tehuise vir bejaardes woonagtig is nie, en geregistreer het vir Covid-19 inenting, het vroeg-vroeg vanoggend die winterkoue trotseer om in die ry te gaan sit by die NG Moedergemeente vir hul inenting.  

 

 

Mense het al van voor 08:00 vanoggend af in die ry gesit by die NG Moedergemeente om hul inenting teen Covid-19 te ontvang. Foto; Verskaf

 

Inenting by publieke persele het vanoggend in Parys begin en sal die inentingspan weer Woensdag vanaf 09:00 by die NG Moedergemeente perseel wees. As jy 60 jaar en ouer is en nie kon registreer vir inenting nie, onseker is of jy wel geregistreer is, of geen sms ontvang het na registrasie nie, kan jy vandag en ook Woensdag 9 Junie na die Moedergemeente-perseel gaan waar personeel mense sal help met registrasies.

 

Onthou om jou ID-dokument en mediese fonds kaart saam te neem as jy lid is van ‘n fonds. Onthou dat die inenting gratis en vrywillig is. Hieronder is ‘n skedule van die datums en ander openbare inentingspersele in al die Ngwathe dorpe wat vanaf vandag tot 15 Junie besoek sal word. Let asseblief daarop dat hierdie die enigste openbare inentingspersele is waar mense 60 jaar en ouer gevaksineer sal word.

 

Onthou ook dat mense in sorgsentrums en tehuise vir bejaardes by daardie spesifieke persele hul vaksinering ontvang of soos wat gereël is met die tehuis-bestuur. Tehuise en sorgsentrums vir bejaardes is nie openbare inentingspersele nie, en kan jy nie daar jou inenting ontvang as jy nie ‘n inwoner van die tehuis is nie.  

 

       

Related Articles

Back to top button