NewsNews

Ngwathe amnestie: Tyd loop uit

Ngwathe amnestie: Tyd loop uit

     

 

Verbruikers wat nog van Ngwathe Munisipaliteit se amnestie-aanbod gebruik wil maak sal moet opskud – die sperdatum vir indiening van aansoeke is 30 Junie. So maan Vryheidsfront Plus raadslid Phillip van der Merwe van Heilbron. “Die termyn waarbinne aansoek gedoen moet word was juis reeds verleng om veral boere in staat te stel om hul oeste in te bring en die kontantvloei te genereer om die verlangde enkelbedragbetaling te kan doen.

Die geleentheid moet nou aangegryp word,” sê raadslid Van der Merwe. In terme van die amnestie-aanbod sal die munisipaliteit 50% van ‘n verbruiker se totale munisipale rekening op aansoek voorwaardelik afskryf. Daar is twee voorwaardes aan verbonde, naamlik dat die verbruiker die oorblywende 50% van die rekening in ‘n enkelbedrag betaal en daarna vir die volgende 12 aaneenlopende maande elke maand sy gehele verbruikersrekening ten volle betaal. Sou die betalings nie vir die volle 12 maande gehandhaaf word nie, sal die bedrag wat voorwaardelik afgeskryf is weer na die rekening teruggetel word. Aansoekvorms is by alle munisipale kantore verkrygbaar.    

 

      

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button