NewsNews

En daar gaan jou spaargeld

Wees versigtig vir kuberskelms

Die afgelope week was daar weer drie gevalle in Parys waar mense van hul  swaarverdiende spaargeld beroof is deur slinkse kuberskelms.

Jy moet onthou geen bank sal jou oor die foon vra om n OTP nommer te gee nie. 

Al klink n oproep hoe oortuigend en ken hul al jou persoonlike besonderhede, en dalk selfs kwessies wat jy met jou bank bespreek het, kan jy nie n OTP nommer aan iemand vreemd gee nie.

Moenie val vir slim slenters dat jy geld kan wen as jy geld oorbetaal nie. 

Oppas met wie jy transaksies op die internet doen om dinge te koop en verkoop. Voor jy weet is jy jou geld kwyt en het niks om daarvoor te wys nie.

Gaan eerder self na jou bank en bevestig alle besonderhede van die persoon wat jou geskakel het en of dit wat gevra is eg is voordat jy gehoor gee aan wat vir jou oor die foon gevra word.

Gebruik eerder betroubare webtuistes om sake te doen op die internet en onthou as iets te goed klink om waar te wees dan is dit heel waarskynlik n slenter.

Wees eerder versigtig en maak seker jou geld bly in jou rekening.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button