NewsNews

En daar gaan jou spaargeld

Wees versigtig vir kuberskelms

Die afgelope week was daar weer drie gevalle in Parys waar mense van hul  swaarverdiende spaargeld beroof is deur slinkse kuberskelms.

Jy moet onthou geen bank sal jou oor die foon vra om n OTP nommer te gee nie. 

Al klink n oproep hoe oortuigend en ken hul al jou persoonlike besonderhede, en dalk selfs kwessies wat jy met jou bank bespreek het, kan jy nie n OTP nommer aan iemand vreemd gee nie.

Moenie val vir slim slenters dat jy geld kan wen as jy geld oorbetaal nie. 

Oppas met wie jy transaksies op die internet doen om dinge te koop en verkoop. Voor jy weet is jy jou geld kwyt en het niks om daarvoor te wys nie.

Gaan eerder self na jou bank en bevestig alle besonderhede van die persoon wat jou geskakel het en of dit wat gevra is eg is voordat jy gehoor gee aan wat vir jou oor die foon gevra word.

Gebruik eerder betroubare webtuistes om sake te doen op die internet en onthou as iets te goed klink om waar te wees dan is dit heel waarskynlik n slenter.

Wees eerder versigtig en maak seker jou geld bly in jou rekening.

 

Related Articles

Back to top button