News

Kubaanse ingenieurs: Solidariteit wen stryd om inligting

Die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie het omvattende inligting oor die Kubane wat ingenieurswerk in Suid-Afrika moet kom doen, aan Solidariteit bekend gemaak. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die bekendmaking ʼn  eerste maar belangrike oorwinning in die regstryd teen die invoer van Kubaanse ingenieurs. “Dis jammer dat die Minister doelbewus …

Die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie het omvattende inligting oor die Kubane wat ingenieurswerk in Suid-Afrika moet kom doen, aan Solidariteit bekend gemaak.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die bekendmaking ʼn  eerste maar belangrike oorwinning in die regstryd teen die invoer van Kubaanse ingenieurs.

“Dis jammer dat die Minister doelbewus die publiek in ʼn verklaring mislei het deur te sê die saak is teruggetrek. Daar is nie sprake daarvan nie. Die dringende saak is bloot na ʼn ooreenkoms tussen die partye van die rol verwyder.”

Die bekendmaking van inligting volg op ʼn dringende hofaansoek waarin Solidariteit ʼn interdikaansoek gebring het hangende die bekendmaking van inligting.

Die feit dat die inligting nou bekend gemaak is, beteken dat die dringende aansoek van Solidariteit op 1 Junie nie nou hoef voort te gaan nie. Die partye het ooreengekom dat die dringende saak vir nou van die rol verwyder word en dat kostes gereserveer word tot die hoofsaak aangehoor word.

Solidariteit kan nou voortgaan met die hersieningsaansoek om die besluit van die Minister oor die Kubaanse ingenieurs ongeldig te laat verklaar. “Ons het die inligting vinniger gekry as verwag.

Met die inligting tot ons beskikking kan ons nou voluit voortgaan met die hersieningsaansoek om die besluit van die minister om die Kubane in te voer, ongeldig te verklaar,” sê dr. Hermann.

Solidariteit gaan op 1 Junie om 13:00 nuwe inligting oor die invoer van die Kubane bekend maak. Dit gaan insluit of hulle wel werknemers is, die werklike bedrae ter sprake, of hulle aan die Suid-Afrikaanse registrasievereistes voldoen en of hulle wel ingenieurswerk in Suid-Afrika gaan verrig.

Solidariteit gaan ook meer inligting oor die bilaterale ooreenkoms met Kuba bekend maak. Joernaliste word uitgenooi om die mediakonferensie by te woon. Detail rakende die mediakonferensie sal volg.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button