News

Ontevredenheid oor munisipale dienslewering gewys

Ontevredenheid oor munisipale dienslewering

   

‘n Groep ontevredenes van die Mokwallo-woonbuurt in Vredefort, het Maandag by die Vredefort polisiestasie bymekaar gekom om ‘n Artikel 4 kennisgewing te kry vir ‘n beplande protesoptog oor hul ontevredenheid met munisipale dienslewering. Vandag was daar weer ’n klein groep mense van Vredefort/Mokwallo wat ’n memorandum aan die polisie oorhandig het om te vra vir optrede teen dwelmmisbruik wat aan die toeneem is in Mokwallo. Daarna is hulle na die Vredefort munisipale kantore waar hulle ook hul ontevredenheid oor munisipale dienslewering uitgespreek het. Hulle het die munisipaliteit 5 dae gegee om op die memorandum te reageer. Ook dié optog was sonder voorvalle van geweld.  

”n Groep ontevredenes van Vredefort/Mokwallo waar hulle vandag ‘n memorandum aan die polisie oorhandig het om te vra vir optrede met die toename van dwelmmisbruik in Mokwallo.

      Die foto is by die Vredefort munisipale kantore geneem waar ‘n groep ontevredenes oor munisipale dienslewering vandag bymekaar gekom het   .

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button