Die polisie monitor die situasie by die Kroonvaal N1 One Stop noord en suid vulstasies, wat spruit uit protesaksie.
Die pad is tans oop en mense kan by beide die vulstasies ingaan en van die geriefswinkel en restaurantfasiliteite gebruik maak, sê die bestuur.
Die polisie het motoriste gevra om gehoor te gee aan polisiebeamptes wat die situasie monitor.