NewsNews

Kom jy vanoggend help by die begraafplaas?

Kom jy vanoggend help by die begraafplaas?

Daar is nou reeds by twee geleenthede danksy die projek Parys#Selfdoen, skoongemaak in die ou begraafplaas van Parys wat voorheen heeltemaal toegegroei en ontoeganklik was vir mense wat hier na hul geliefdes se grafte wou gaan.

Vandag, Saterdag 22 April, sal daar weer deur vrywilligers uit die gemeenskap skoongemaak word. Weens die skerp toename in die aantal Covid-19 gevalle sal dit egter die laaste skoonmaak by die begraafplaas wees totdat gevalle weer begin afneem.

Wil jy nie vanoggend vanaf 08:00 kom help wanneer daar in die begraafplaas skoongemaak word nie?  Kom kyk watter verskil is daar reeds gemaak deur inwoners van die dorp.  

Bo: Die eerste blok in die ou begraafplaas is nou so te sê skoon, nadat daar S vir ‘n tweede naweek hier gewerk is om die begraafplaas weer netjies te kry.

  Bring asseblief jou masker, ‘n bossiekapper as jy het, of enige tuingereedskap wat kan help met die skoonmaak. Enigeen is welkom en as jy nie self kan help nie, hoekom nie ‘n tuinwerker borg, of jou eie tuinwerker bring en kom help nie?  

 

 

Related Articles

Back to top button