NewsNews

Kom jy vanoggend help by die begraafplaas?

Kom jy vanoggend help by die begraafplaas?

Daar is nou reeds by twee geleenthede danksy die projek Parys#Selfdoen, skoongemaak in die ou begraafplaas van Parys wat voorheen heeltemaal toegegroei en ontoeganklik was vir mense wat hier na hul geliefdes se grafte wou gaan.

Vandag, Saterdag 22 April, sal daar weer deur vrywilligers uit die gemeenskap skoongemaak word. Weens die skerp toename in die aantal Covid-19 gevalle sal dit egter die laaste skoonmaak by die begraafplaas wees totdat gevalle weer begin afneem.

Wil jy nie vanoggend vanaf 08:00 kom help wanneer daar in die begraafplaas skoongemaak word nie?  Kom kyk watter verskil is daar reeds gemaak deur inwoners van die dorp.  

Bo: Die eerste blok in die ou begraafplaas is nou so te sê skoon, nadat daar S vir ‘n tweede naweek hier gewerk is om die begraafplaas weer netjies te kry.

  Bring asseblief jou masker, ‘n bossiekapper as jy het, of enige tuingereedskap wat kan help met die skoonmaak. Enigeen is welkom en as jy nie self kan help nie, hoekom nie ‘n tuinwerker borg, of jou eie tuinwerker bring en kom help nie?  

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button