News

Phizer-entstof nou langer in yskas gehou

Phizer-entstof nou langer in yskas gehou

   

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het vandag, Vrydag 21 Mei, ‘n verandering in die storings voorwaardes van die Phizer-entstof bekendgemaak Toe bottels van die entstof kan nou  tot 31 dae lank  teen tussen 2 grade Celcius en 8 grade Celsius in ‘n yskas gehou word.  Voorheen kon dit net vir vyf dae teen dié temperatuur gehou word. Die verandering in die storings voorwaardes is onmiddellik van krag.

Die vereiste temperatuur waarteen die entstof gevries moet  word is steeds tussen -80 grade Celsius en -60 grade Celsius, en by  stoorfasiliteite kan dit vir 14 dae dae tussen -25 grade en -15 grade gestoor word om dan  teen dieselfde temperatuur na  inentingspunte te vervoer.

Oop bottels van die entstof moet steeds na 6 ure vernietig word, of aan die einde van die vaksineringsessie, sou dit in minder as ses ure afgehandel wees.  

 

Related Articles

Back to top button