News

Phizer-entstof nou langer in yskas gehou

Phizer-entstof nou langer in yskas gehou

   

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het vandag, Vrydag 21 Mei, ‘n verandering in die storings voorwaardes van die Phizer-entstof bekendgemaak Toe bottels van die entstof kan nou  tot 31 dae lank  teen tussen 2 grade Celcius en 8 grade Celsius in ‘n yskas gehou word.  Voorheen kon dit net vir vyf dae teen dié temperatuur gehou word. Die verandering in die storings voorwaardes is onmiddellik van krag.

Die vereiste temperatuur waarteen die entstof gevries moet  word is steeds tussen -80 grade Celsius en -60 grade Celsius, en by  stoorfasiliteite kan dit vir 14 dae dae tussen -25 grade en -15 grade gestoor word om dan  teen dieselfde temperatuur na  inentingspunte te vervoer.

Oop bottels van die entstof moet steeds na 6 ure vernietig word, of aan die einde van die vaksineringsessie, sou dit in minder as ses ure afgehandel wees.  

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button