Voor van links is Ewan Vorster, Francois van Deventer, Sensei Roelien Vorster (afrigter), Hendrik van den Berg en Riko Vorster. Agter is Renshi Petro Nel (Dojo hoof en afrigter), Nic Foley en Kai Koekemoer. Foto: Verskaf
Studente van die Parys Sansei Goju Ryu karate-klub het aan die Fezile Dabi karate streekskompetisie in Vaalpark deelgeneem. Francois van Deventer behaal brons vir sy Kata, silwer vir sy Wooden Kata en silwer vir Kumite. Ewan Vorster het ‘n goue medalje ontvang vir Bladed Kata en silwer vir Kata. Riko Vorster verwerf goue medaljes vir Kata, Wooden Kata en Points Fighting en brons vir Kumite. Hendrik van den Berg kry brons vir Kata, brons vir Kumite en silwer vir Bo Kata. Kai Koekemoer het silwer gekry vir Bladed Kumite en Continious Fighting, brons vir Bo Kata en ‘n vierde plek vir Kata. Nic Foley verower silwer vir Kata en goud vir Wooden Kata.
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.