NewsNews

Ek praat Afrikaans, “newwermaaind” my taalgebruik!

Ek praat Afrikaans, “newwermaaind” my taalgebruik!

 

Wat het die woorde “newwermaaind”, “mouter” en “properse” in gemeen? Dit is alles woorde wat in die nuwe Tesourus van Afrikaans verskyn.

 

‘n Tesourus is ’n woordeboek wat gebruik word om sinonieme (en somtyds antonieme) van woorde te vind. Die hersiende weergawe wat vroeër vanjaar verskyn het is die eerste hersiende weergawe van die oorspronklike Tesourus van Afrikaans, wat in 1994 uitgereik is.

 
Die nuwe Tesourus het heelwat nuwe woorde.

’n Paar van die ander woorde wat alledaags op plekke soos die Kaapse Vlakte gebruik word en hulle pad tot in die woordeboek gevind het is omtes, madjat, sterkgevreet, oralster, ottermaklottertjie, koelpatats (dagga). Die nuwe uitgawe bevat glo meer as 140 000 inskrywings waarvan 20 000 nuwe inskrywings is.

 
 

Prof. Leon de Stadler, wat tot onlangs direkteur van die Universiteit Stellenbosch (US) se taalsentrum was en ook aan die woordeboek gewerk het, meen meer kan gedoen word om erkenning aan nuwe variëteitete gee  en dat nuwe inskrywings soos dié maar net die begin is. Die nuwe tesourus word deur Pharos uitgegee en kos R450.

 
https://vaalweekblad.com/95512/ek-praat-afrikaans-newwermaaind-my-taalgebruik/
 
 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button