Só lyk polisiemanne in mensehandel-saak
Só lyk polisiemanne in mensehandel-saak
Die twee polisiemanne wat saam met medebeskuldigdes tereg staan op aanklagte van mensehandel en verkragting sal tussen 1 en 4 Junie hul borgaansoek in die streekhof in Vereeniging bring.
VEREENIGING. Die staat het reeds angedui dat hy borgtog gaan teenstaan.
Brigadier Selikoe Esau Mokoena, stasiebevelvoerder van die polisiestasie in Sebokeng, en kapt. Mbuti Richard Foli, ‘n ondersoeker van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe, staan saam met medebeskuldigdes Ikechukwu Anthony Onongaya en dr. Magnus Adelani Osinowo, ‘n mediese dokter, tereg op aanklagte van mensehandel vir die doel van seksuele uitbuiting.

Die polisiemanne word ook van verkragting van ‘n mensehandelslagoffer aangekla.
Hulle sou na bewering ‘n mensehandelslaggoffer by ‘n bordeel verkrag het. Volgens ‘n verklaring van die Valke het Osinowo met aborsies by die perseel gehelp en dwelms aan meisies toegedien wat teen hul wil daar aangehou is.

Die prokureur David Mey tree op namens brig. Mokoena en mnr. Du Plessis namens Foli. Streeklandros Retha Willemse is die landdros in die saak.




