Só lyk polisiemanne in mensehandel-saak

Só lyk polisiemanne in mensehandel-saak

 

   

Die twee polisiemanne wat saam met medebeskuldigdes tereg staan op aanklagte van mensehandel en verkragting sal tussen 1 en 4 Junie hul borgaansoek in die streekhof in Vereeniging bring.

 

VEREENIGING. Die staat het reeds angedui dat hy borgtog gaan teenstaan.  

 

Brigadier Selikoe Esau Mokoena, stasiebevelvoerder van die polisiestasie in Sebokeng, en kapt. Mbuti Richard Foli, ‘n ondersoeker van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe, staan saam met medebeskuldigdes Ikechukwu Anthony Onongaya  en dr. Magnus Adelani Osinowo, ‘n mediese dokter, tereg op aanklagte van mensehandel vir die doel van seksuele uitbuiting.

Dit was kapt. Mbuti Richard Foli van die eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe se werk om seksuele misdrywe te ondersoek. Nou staan hy tereg op aanklagte van verkragting van ‘n mensehandelslagoffer. Foto: Christiaan Cloete

Die polisiemanne word ook van verkragting van ‘n mensehandelslagoffer aangekla.

 

Hulle sou na bewering ‘n mensehandelslaggoffer by ‘n bordeel verkrag het.   Volgens ‘n verklaring van die Valke het Osinowo met aborsies by die perseel gehelp en dwelms aan meisies toegedien wat teen hul wil daar aangehou is.

Dr. Magnus Adelani Osinowo (regs), ‘n mediese dokter, het glo dwelms aan mensehandelslagoffers toegedien en aborsies gedoen. Saam met hom is sy beweerde medepligtige Ikechukwu Anthony “Ike” Onongaya. Foto: Christiaan Cloete

  Die prokureur David Mey tree op namens brig. Mokoena en mnr. Du Plessis namens Foli.   Streeklandros Retha Willemse is die landdros in die saak.

 
https://vaalweekblad.com/95048/kyk-so-lyk-polisiemanne-in-mensehandel-saak/

 

 
 
 
 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button