News

Geliefde dokter oorlede

’n Bekende en geliefde dokter van Meyerton is Saterdagoggend oorlede.

 

 

MEYERTON. – Dr. Maarten-Pieter Boele (72) is volgens sy praktykbestuurder, Retha Steyn, Donderdagmiddag in die Midvaal Privaat Hospitaal in Vereeniging opgeneem nadat hy gekla het dat sy rug seer was. Hy is Saterdagoggend omstreeks 01:26 dood nadat hy ‘n beroerteaanval gehad het.

 

Dr. Boele se vrou Kiki, is in Augustus verlede jaar oorlede. Dr. Boele is op 6 Desember 1948 in Nederland gebore. Hy het in 1963 saam met sy familie na Suid-Afrika verhuis.

 
 

Hy het in 1966 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria (Affies) gematrikuleer en homself later as mediese dokter in Delft in Nederland bekwaam.

Hy het in 1990 na Suid-Afrika teruggekeer waar hy as algemene praktisyn gepraktiseer het. Talle inwoners sal dr. Boele se spreekkamer in Lochstraat 18 in Meyerton se middestad onthou. Huldeblyke het die afgelope week vir dr. Boele op sosiale media ingestroom. Talle inwoners onthou hom as ‘n “sagte mens” wat vir ander omgegee het en altyd uit sy pad gegaan het om ander te help.

Dr. Boele se spreekkamer in Lochstraat. Foto: Christiaan Cloete

Volgens Steyn sal die praktyk voortbestaan. Daar is tans studentedokters (locums) wat pasiënte bystaan. Die praktyk is op soek na ‘n algemene praktisyn. Dr. Boele laat sy twee seuns, Alexander en Max agter. Begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie gefinaliseer nie.

 
https://vaalweekblad.com/95105/geliefde-dokter-oorlede/

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button