KidsPre-School

Entrepreneursdag leer kleuters van somme maak en kreatiwiteit

Entrepreneursdag leer kleuters van somme maak en kreatiwiteit

 

Kleuterzone het begin Mei ‘n fondsinsamelingsprojek geloods om fondse in te samel vir verbeteringe op die nuwe Kleuterzone-perseel.
Lootjies is verkoop met ‘n skaap as eerste prys wat deur Tania Hartman gewen is, ‘n halwe skaap as tweede prys, gewen deur Hesta Biddulph en as derde prys ‘n R800 selfsaamgestelde vleispak van Koepel-slaghuis, gewen deur Sarel Kritzinger. Die wenlootjies is Saterdag, 8 Mei tydens ‘n entrepreneursdag wat by die skool gehou is, getrek.

 

Die entrepreneursdag het die Wolke Zone maats (3-4 jaar) en Sterre Zone maats (4-5 jaar), ‘n geleentheid gegee om lekkernye te verkoop en so ‘n ekstra geldjie vir hulself te verdien. Die kleuters het die dag baie geniet en was daar ‘n wye verskeidenheid te koop en te doen, van warm sjokolade tot trekkerritte, gesigverf en lekkergoed.

 

 

Waardevolle lesse is ook met die dag vir die kleuters geleer van hoe om met geld te werk, en ook sommer ‘n bietjie kreatiwiteit te wys. Die ouers het fluks hand bygesit en gehelp om van die dag ‘n kleurvolle en besige markdag te kon maak.
Spesiale dank aan Carina en Hanno Taljaard wat gehelp het om die dag moontlik te maak en Mica en Berdine van Coller vir ie geskenkies vir al die maats.

 

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button