NewsNews

Begraafplaas uiteindelik weer netjies

Begraafplaas uiteindelik weer netjies

 

Danksy die harde werk van vrywilligers uit die gemeenskap wat die moue opgerol het om self met die projek Parys#Selfdoen die dorp se ou begraafplaas skoon te maak, is dié begraafplaas uiteindelik ná jare weer netjies en toeganklik vir mense wie se geliefdes hier begrawe is.
Die afgelope naweek was reeds die tweede week wat daar in die begraafplaas skoongemaak is.
Sowat 10 mense het kom hand bysit, waarvan vier helpers deur mense betaal of geborg is om Saterdag te kon help.
Spesiale dank aan Coastal Hire wat twee bossiekappers vir die dag geborg het.
Die eerste blok is nou so te sê skoon, en sal daar Saterdag, 22 Mei, na die volgende blok beweeg word om ook daar skoon te maak.

 

Bo: Die eerste blok in die ou begraafplaas is nou so te sê skoon, nadat daar Saterdag vir ‘n tweede naweek hier gewerk is om die begraafplaas weer netjies te kry.

 

 

Hierdie naweek sal AfriForum weer help met die herstel van slaggate in die dorp en om verbleikte en afwesige stoptekens te vervang.
As jy graag by hierdie organisasies se projekte betrokke wil raak om ook so ‘n verskil in die gemeenskap te maak, skakel Fanie Kruger by 072 989 0901.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button