NewsNews

Vlieg was sy lewe

Vlieg was sy lewe

Die geliefde vlieënier en sakeman, Adan Parker, is Donderdag 6 Mei in die ouderdom van 66 jaar in die Vereeniging Medi Clinic oorlede. Hy het kanker gehad en was die afgelope maand ernstig siek. Adan was kaptein in die SAL en het as vlieënier meer as 40 jaar internasionale vlugte gedoen. 

Menige van sy bemanning kon vertel hoe hy lang vlugure met sy fyn humorsin kon korter maak. 

Hy het in 2017 afgetree.

Hy was vir jare in Parys gevestig en het Parys Skydive begin waarvan hy ook mede-eienaar was saam met Kallie van Beusekom. Vlieg was sy lewe en was daar nie ’n dag wat hy nie by die Parys-vliegveld was en gehelp het om die vliegveld netjies te hou nie.

Hy was 5 jaar oud toe hy ’n fiets vir sy verjaardag gekry het, en in ’n japtrap begin het om die fiets uitmekaar te haal en weer te bou. ’n Vaardigheid wat hy later jare gebruik het om verskeie vliegtuie te bou, waaronder ook ’n Turbine en die Apollo T wat steeds deur die Parys Skydive klub vir hul vlugte gebruik word. Tot net meer as ’n jaar gelede, voordat kanker by hom gediagnoseer is, het hy nog gereeld self privaat gevlieg. Ses maande gelede is hy en Miemie getroud, self ook ’n vlieënier. Miemie vertel dat sy van haar beste raad by Adan gekry het. “Hy’t my op die hande gedra.”

Naas vlieg het visvang hom na aan die hart gelê en was hy so opgewonde oor die boot wat hulle gekoop het. Iets wat hy net een keer kon geniet voordat hy ernstig siek geword het.

Die troosdiens vir Adan is môre, Woensdag 12 Mei by die Parys vliegveld waar Adan en Miemie getroud is en soveel herinneringe aan hom is. Hy word oorleef deur Miemie, sy dogter, Amy Taylor, skoonseun Steven, kleinseun Spencer en twee susters, Carol en Lynn. Ons innige medelye met die familie.    

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button