NewsNews

Veilige bloed vir veilige moederskap – jy kan ‘n verskil maak

Veilige bloed vir veilige moederskap - jy kan 'n verskil maak

     

 

Jaarliks sterf meer as 500 000 vroue onnodig tydens swangerskap of ‘n bevalling.   Ernstige bloeding sonder toesig kan selfs ‘n gesonde vrou binne twee ure laat sterf en dra by tot die dood van tot soveel as 44% van moeders in Afrika. Tot en met 25% van alle moedersterftes kan voorkom word deur toegang tot veilige bloed.  

Bykans 26% van bloed in Suid-Afrika word jaarliks gebruik vir vroue wat ‘n bloedoortapping benodig tydens bevalling of vir ginekologiese gevalle.  Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) eer alle vroue-skenkers wat gereeld bloed skenk om die lewens te red van mense wat hulle nie ken nie.   ‘n  Bloedoortapping  stel families in staat om oomblikke van geluk, vriendskap, liefde, vrede, en liefde te vier.   Bloedskenkers moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • 50kg of meer weeg;
  • ‘n Veilige seksuele leefstyl volg;
  • Tussen die ouderdom van 16 en 75 wees;
  • Goeie gesondheid geniet; en
  • ‘n Maaltyd nuttig voor skenking.

  Die Bloeddiens nooi daarom die gemeenskap van Parys om bloed te skenk, op Dinsdag 11 Mei 2021 by die Hervormde Kerksaal vanaf 12:00 – 18:00. Elke bloedskenker sal ‘n spesiale geskenk ontvang. Help die bloeddiens om 100 eenhede bloed in te samel wat honderde lewens kan red.            

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button