NewsNews

Vaksinering: Mense bo 60 kry nou ’n beurt

Vaksinering: Mense bo 60 kry nou ’n beurt

   

Die laaste rondte vir die vaksinering van gesondheidswerkers in die private en openbare sektor in Parys, Vredefort, Koppies en Viljoenskroon, is die afgelope week by die vaksineringstasie by Parys-hospitaal afgehandel. Registrasie vir vaksinering van mense 60 jaar en ouer word tans gedoen en sal daar na verwagting op 17 Mei begin word met hierdie fase. Onthou vaksinering is vrywillig en gratis. Enigeen wat registreer, sal gevaksineer word. Sodra jy geregistreer het, sal jy ‘n SMS ontvang met die datum, tyd en plek waar die vaksinering gedoen sal word.

Nadat vaksinering van mense 60 jaar en ouer afgehandel is, sal die volgende ouderdomsgroep aan die beurt kom. Voorlopig word inenting net aan volwassenes bo 18 jaar gegee. Registrasie van mense 60 jaar en ouer vir Covid-19 vaksine word tans by die Parys-kliniek gedoen van Maandae tot Donderdae tussen 08:00 en 16:00. Wanneer jy gaan registreer, onthou om jou ID-dokument, bewys van adres en ‘n selfoonnommer saam te neem, sodat jy met besonderhede oor wanneer vaksinering gedoen word, gekontak kan word. Jy kan ook aanlyn registreer by https://vaccine.enroll.health.gov.za/#/ By die vaksine stasie sal seker gemaak word jou registrasie is reg, dat jy gesond is en wel gevaksineer kan word. Na vaksinering is daar ‘n 15 minute wagtydperk waartydens verpleegpersoneel jou weer sal kontroleer. Onthou dat hoewel vaksinering nie kan verhoed dat jy Covid-19 kry nie, dit beskerming bied. Wanneer moet jy wag voor vaksinering? As jy onlangs met Covid-19 gediagnoseer is – wag 90 dae As jy onlangs ‘n griepinspuiting gehad het – wag 14 dae As jy onlangs Hepatitus B immunisering gekry het – wag 14 dae. As jy swanger is – raadpleeg eers jou geneesheer.

Wat jy moet weet oor Johnson & Johnson Covid-19 vaksine:

Dit is ‘n enkeldosis vaksinering, anders as ander vaksines soos Pfizer en Moderna. Dit is ‘n virale vektor entstof wat ‘n ander, skadelose virus as sneller gebruik om die liggaam se immuunreaksie te verskerp sodat teenliggame teen die SARS-CoV-2 virus opgebou word. Die vaksine bevat nie die SARS-CoV-2 virus nie, en sal nie Covid-19 veroorsaak nie. Moontlike newe-effekte van die vaksine wat jy kan ervaar is kopseer, koors, moegheid, spierpyne, naarheid, en pyn, geirriteerdheid of swelling van die area waar jy die inenting ontvang het, vir ‘n maksimum van drie dae. Onthou dat die voordele van die vaksine by verre risiko’s uitbalanseer as dit opgeweeg moet word teen die komplikasies wat jy moontlik as gevolg van Covid-19 mag ervaar. Verlede Woensdag is 120 gesondheidswerkers by Parys-hospitaal geëent en Donderdag nog 98. Die stasie was ook Vrydag en Maandag oop. (Lees ook die berig op bl. 5 wat vrae oor vaksinering aanspreek).  

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button