NewsNews

Eureka open nuwe Outisme Eenheid

“Autism is not a processing error. It’s a different operating system.” - Internet Meme

 

 

VEREENIGING. – Die Eureka Skool vir fisies en verstandelik gestremde leerlinge se Outisme Eenheid is amptelik op 22 April geopen. Alhoewel ‘n gedeelte van die eenheid al ‘n geruime tyd gebruik word, is die laaste van die 10 klasse onlangs voltooi.  Die skool het die opening laat saamval met hul Outisme Bewusmakingsdag.

Die bord by die Outisme Eenheid

Corné van Zyl staan aan die stuur van sake van hierdie eenheid. Sy sê die spesiale eenheid het nou 10 onderwysers en 10 assistente wat vir 70 leerlinge op die outistiese spektrum klas gee. Daar is ongeveer 85 leerlinge met outisme in die skool, maar van hulle is reeds goed aangepas in die ander klasse en sal daarom nie geskuif word nie.

 
Adjunkhoof Cassie Bothma en Emmanuel (boukontrakteur) sny die groot strik by die Outisme Eenheid. Foto: Verskaf

By die outisme eenheid word daar seker gemaak dat die leerlinge nie sensories oorlaai word nie. Kinders op die outistiese spektrum kan maklik sensories oorweldig voel as daar byvoorbeeld te veel lawaai is of dinge te besig raak rondom hulle. “Ons klasse en manier van klas gee is net bietjie anders as by die res van die skool,” het sy gesê.

Die nuwe Outisme Eenheid by die Eureka Skool. Foto: Verskaf

Die skoolhoof, Dr. Amanda Lombard het die gaste, wat onder andere die ouers van die leerlinge in die outistiese eenheid ingesluit het, toegespreek alvorens ‘n groot rooi strik deur een van die adjunkhoofde, Cassie Bothma, gesny en die eenheid amptelik oop verklaar is. Die dag was ook ekstra spesiaal gemaak vir die leerlinge van die eenheid. Elkeen het ‘n blou ballon ontvang, daar is kolwyntjies geëet, borrels geblaas en met skuim gespeel. Corné sê elkeen se foto gaan nou ook in die eenheid opgesit word. ‘n Groot bord buite vat die eenheid en sy leerders perfek saam. Dit spel die woord Autism: Always Unique Totally Intelligent Sometimes Mysterious. Eureka Skool se Outisme Eenheid is ten eerste daar om hul leerlinge op die outistiese spektrum na die beste van hul vermoë te help en te leer, maar hulle streef ook daarna om vir die wêreld daarbuite meer te leer. Dis nie genoeg om net bewus te wees van outisme nie, mense op die outistiese spektrum moet aanvaar, ondersteun, gerespekteer en ingesluit word. Soos wat Corné in haar voorlegging aangehaal het: “Autism is not a processing error. It’s a different operating system.

 
https://vaalweekblad.com/93530/eureka-open-nuwe-outisme-eenheid/

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button