News

Eerste sterrekyk van die seisoen

Eerste sterrekyk van die seisoen

 

 

 

Die winter bring nie net koue nie, maar ook ’n helder naghemel en stabiele, wolkvrye weer, wat sterrekyk weer moontlik maak. Op Saterdagaand 15 Mei, kort na donkermaan, word die eerste sterrekykgeleentheid van hierdie winterseisoen by die sterrewag op Deelfontein aangebied.
Die sekelmaan sal nog vroegaand sigbaar wees en is altyd ´n dankbare objek om deur ´n teleskoop te bekyk. Van die planete is slegs Mars tans sigbaar, maar die Hubble-ruimteteleskoop sal verskyn, en verskeie interessante diepruimte objekte soos die gasnewel in Orion kan gesien word.
Frik le Roux, van die Pretoriatak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika, begin om 18:00 met ´n aanbieding in die seminaarkamer.
Die uitstappie kos R100 per persoon. Bring asseblief warm klere, kopbedekkings en skoene saam om die koue te trotseer. `n Verkyker is altyd ´n goeie instrument om byderhand te hê, asook ´n flitslig met rooi lig om die oogsensitiwiteit nie te belemmer nie.
As jy belangstel om die geleentheid by te woon of navrae het, stuur epos aan by gerhard@deelfontein.co.za of sms na 083 280 9784.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button