News

‘n Roos én ‘n melktert na Manie Jackson vernoem

‘n Roos én ‘n melktert na Manie Jackson vernoem

VANDERBIJLPARK. – Die Vaal se geliefde sanger Manie Jackson (maar ons deel hom met graagte met die res van Suid-Afrika) spog reeds met ‘n roos wat na hom vernoem is, en nou gaan daar ook amptelik ‘n melktert na hom vernoem word.

Ludwig Rose was die voorloper en die amptlike aankondiging en oorhandiging van die Manie Jackson Roos vind in Oktober plaas.
Maar daar is ook nou ‘n Manie Jackson Melktert (en soos hy self sê: nee dit is nie een van sy girls van jare terug nie).
Vrydag, 30 April om 11:00, oorhandig Treats and All in Rossini-boulevard, Vanderbijlpark amptelik die tert aan Manie.
Manie nooi sy aanhangers om te kom inloer en hallo te kom sê. IFM 102.2 se buite-uitsending sal daar wees en daar sal ook worsbroodjies te koop wees.
Manie Jackson spog met ‘n roos én ‘n melktert wat na hom vernoem is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button