NewsNews

VLU-vroue se vaardigheid beïndruk by kongres

VLU-vroue se vaardigheid beïndruk by kongres

   

 

As dit kom by kreatiwiteit en vaardigheid met naaldwerk, in die kombuis, skilderkuns, fotografie of selfs skryfwerk, staan Parys se vroue kop en skouers uit. Lede van die Parys Vroue Landbou Unie-tak (VLU) het nie minder nie as 14 spog inskrywings by vanjaar se VLU-konferensie in Koppies gehad. Artikels is ingestuur vir borduurwerk, hekelwerk, masjienwerk, borduurmasjienwerk, handvlyt, preservering, gebak, fotografie, skryfkuns, skilderkuns en blomme. Uit die Parys-vroue se inskrywings het drie deurgedring na die VLU-kongres in Bloemfontein.

Hierby was ingesluit ‘n teenet vir die Borduurmasjien-afdeling, “Foto deur ‘n venster” in die afdeling vir Fotografie, en skilderkuns.

 

Skitterende uitslae is behaal deur Annatjie Dreyer wat 90% en ‘n 1ste plek behaal het met haar geborduurde teenet, Bernadet van der Ende wat ‘n tweede plek behaal het met 84% vir haar smaaklike Sweedse teering en Thea Guillaume wat bewys het dat sy ‘n oog vir ‘n mooi foto het met haar “Foto deur ‘n venster” wat met 82% ’n derde plek behaal het.

Van links is Annatjie Dreyer met die trofee vir die beste teenet waarmee sy kon spog met ‘n eerste plek met 90%, Bernadet van der Ende wat ‘n tweede plek behaal het met haar Sweedse teering waarvoor sy 84% gekry het, en Thea Guilluame wie se ‘Foto deur ‘n venster’, die beoordelaars beïndruk het, en vir haar ‘n derde plek besorg het met 82%. Inlasfoto: Die smaaklike Sweede teering van Bernadet van der Ende wat ‘n tweede plek behaal het. Foto: Verskaf

   

 

   

 

Annatjie en Bernadet het ook by die geleentheid hul 30 jaar dienswapens ontvang vir hul jarelange betrokkenheid by die VLU. Die VLU se volgende vergadering is op 4 Mei. Gaste is baie welkom en kan navraag doen by Annatjie by 082 464 0204, of Bernadet by 082 474 0304. Gaste wat graag die oggend wil bywoon moet asseblief vooraf net bevestig om plek te verseker.    

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button