NewsNews

Kyk so ‘n super maan!

Kyk so ‘n super maan!

 

 

Groot en blink het die maan oor die Africa Silks Farm buite Graskop in Mpumalanga kop uitgesteek. Die eerste supermaan vir 2021 het op 27 April sy verskyning op die horison gemaak. Die volmaan in April is in die VSA bekend as die pienk maan, omdat dit op die Farmer’s Almanac saamval met lentetyd wanneer ‘n pienk inheemse blom baie in die oostelike gedeelte van Noord Amerika gesien kan word.

 

Volgens NASA is dit bekend as a super maan omdat  die maan op sy naaste punt aan die aarde verbygaan, gemiddeld ongeveer 363 300 km vanaf die aarde. Die volmaan vertoon dan groter en blinker as gewoonlik. Wanneer die maan op sy verste punt om die aarde wentel, is dit gemiddeld ongeveer 405 500 km vanaf die aarde.

 

In 2021 is daar twee super maane. Die volgende een is in Mei, maar April se volmaan was die grootste vir die jaar.

 
 
https://vaalweekblad.com/92925/kyk-so-n-super-maan/

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button