News

Gemeenskap begin om self begraafplaas skoon te maak

Borg 'n tuinhulp of kom help - elke paar hande is nodig

     

 

Nagenoeg 30 Parysenaars het vanoggend begin om self die ou begraafplaas langs Parys se hoofstraat skoon te maak. ‘n Begraafplaas wat vir lank skandelik verwaarloos is met die gras wat so lank staan dat grafte skaars sigbaar is tussen die gras, grafstene wat gebreek is en selfs grafte wat beskadig is. Maar vanoggend is die reuse taak aangepak om weer die begraafplaas te begin regruk sodat mense weer by hul geliefdes se grafte kan kom.  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wil jy nie ook kom help nie. Daar sal tot ongeveer 14:00 vanmiddag skoongemaak word. As jy ‘n petrol randsnyer het, of ‘n tuinhulp of selfs ‘n tuinhulp wil borg, of self wil kom help – elke paar gewillige hande is nodig. Daar is alreeds vanoggend ‘n groot verskil gemaak. Die aksie is die inisiatief van Parys@Selfdoen. As jy nie vandag kan help nie, skakel Fanie Kruger by 072 989 0901 om te hoor hoe jy met ‘n volgende projek kan help.  

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button