
Suid-Afrikaanse boere wat na liefde soek kan nou vir die 14de reeks van Boer Soek ’n Vrou
inskryf.
Dié werklikheidsreeks het immers al sedert 2007 vir talle Suid-Afrikaanse boere liefde
gevind.
En die afgelope seisoen was geen uitsondering nie met 4 uit die top-5 boere wat liefde deur die reeks gevind het.

En, nou soek kykNET 2022 se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat
deel wil wees van die 14de seisoen.
Boere kan op die volgende maniere inskryf:
• Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskryfvorm kan aflaai;
• Bel Marche Media by 079 335 5137;
• Stuur ’n e-pos na boer@marche.media (let wel .media en nie .com / .co.za nie)
Belangrike inligting:
• Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel.
• Diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
• Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 13 Mei 2021 bereik.
• Hou kykNET se sosiale media of die media dop vir die aankonding oor 2022 se toptien boere. Moontlike pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te
skryf.
• Die 14de reeks sal van Januarie 2022 op kykNET uitgesaai word.




